Paradys Safaris is sinoniem met ‘n onvergeetlike jag ervaring. Hier is jy nie net nog ‘n jagter nie , maar kan jy verseker wees om as ‘n vriend huiswaards te keer. Daarvan kan die groepe getuig wat al vir 16 jaar, Paradys Safaris hulle jaarlikse jagbestemming maak.
‘n Plek waar die die stilte jou nooit sal verveel. Waar die betowerende sonsondergang van die bosveld, enige siel sal aanraak en opbeur. Die plaas is ongeveer 2000 Ha groot knoppiesdoring savanah grond sonder berge of rante. Die veld is baie divers wat ‘n groot verskeidenheid voëls huisves. Een van die hoogtepunte is om die aasvoëls wat paradys gekies het om te broei, tydens hulle grasieuse vlugte te bewonder. Dan breek die aand aan… dit kan mos nie beter……absolute windstilte daal oor die bosveld neer met ‘n intense gloed op die horizon ‘n fisant en patrys se laaste groet en die witkol uil se vrolike lied wat die aand aankondig.
Met die skoon bosveld lug lyk dit of mens aan die sterre kan vat. Die naglewe wat snelle pas aan die gang kom met die jakkals se roep, ‘n waarskuwing vir die jagter wat ‘n swak skoot afvuur. Tussen die gesels van die verskeie uil spesies en die nonnetjies uil wat in en uit die stomp by die kampvuur vlieg om haar kinders te voed kan die gesprek tussen die leeus gehoor word op die naburige leeuplase.
ABSOLUUT FANTASTIES.