Ons is gelëe 40 Km Noord Oos van Ellisras in die Limpopo provinsie net bietjie meer as 3 ure se ry vanaf Pretoria. Slegs die laaste 20 km na die plaas is ‘n grondpad.
Ons winters dae is heerlik, soms warm. In die aande en vroegoggend daal die tempratuur skerp dikwels tot naby vriespunt. Dit is dus raadsaam om koeler klere vir die dag te bring en genoeg dik/warm jasse vir die aande.
Dit is uiters belangrik om voor die jagtog gereeld op die skietbaan te gaan skiet, sodat elkeen vertroud is met sy vuurwapen. Al is jy ‘n baie gesoute jagter… wees maar die minste en kom voorbereid. Dan sal die jagtog net ‘n plesier wees.
Bestudeer ook die anatomie van die bok wat gejag wil word. Dan sal die korrekte skootplasing toegedien word wat vir almal vreugde sal verskaf.
Informasie
Selfsorg Geriewe
Solar Krag
Warmwater (Donkie)
Toegeruste kamp (bring slegs beddegoed)
200m Skietbaan
1 Toegeruste voertuig ingesluit
Slagters ingesluit
Koelgeriewe
Taxidermie dienste beskikbaar
Gebroke selfoon opvangs (MTN die Beste)
Genoeg hout word voorsien
Geweer -en Boogjag welkom
Pryse sluit BTW in