Vroegdag voor sonop neem die jagtog in aanvang. Met die grappies en skertsing van die vorige aand om die kampvuur nog vars in die geheue, word die fokus met alle erns verskuif om vleis aan die haak te kry. Afhangende van die jagter se vermoë en die natuur se omstandighede word die jagmetode daarvolgens aangepas. Die aangewese/gewensde metode is deur te stap en jou bok te voet uit te oorlê. Wat Paradys Safaris uniek maak is dat ons steunpilaar EERLIKHEID is. As die jagter die eienaar moet vertrou, moet die eienaar die jagter ook vertrou , daarom word jagters met ervaring die geleentheid gegee om alleen sonder ‘n gids te gaan jag. Wat ‘n voorreg. Ander metodes word ook gebruik voorsit in ‘n skuiling, asook om per voertuig die bokke te soek. Ons poog daarin om nie van die voertuig af te skiet nie, maar sal wanneer die bokke opgemerk is afklim en hulle te voet bekruip.
Die wapens word voor die jagtog perfek ingestel, ‘n skoot word slegs afgevuur as die jagter 100% seker is dat sy skootplasing die dier effektief sal dood, geen kanse word gevat nie. Indien die beginsel toegepas word is daar baie selde ‘n kwesbok. Met die bok gelaai word hy na die slagplek geneem, geslag en in die koelkamer gehang tot met die jagter se vertrek.