Die kamp is baie lekker ingerig, nie 5ster luuks nie ,maar tog baie gerieflik en ontvanklik. Daar is nie eskom krag nie, daar is ligte wat deur solar krag voorsien word. Die warm water word deur ‘n baie effektiewe donkie stelsel gemaak. Die slaapeenheid is ‘n 2 vertrek , grasdak gebou met geïsoleerde rietmure elk met ‘n ensuite badkamer. Die badkamers het ‘n stort, toilet en wasbak. Daar is ‘n derde badkamer met buitestort wat jou die werklike jag gevoel sal gee.
Die lapa en kombuis gedeelte is die hartklop van die kamp. Al die nodige kombuis en eetware word voorsien, daar is ‘n gasyskas en ‘n gasvrieskas asook ‘n gasstoof. Gerieflike kampstoelle word voorsien vir die lapa area.
Genoegsame vuurmaak hout word voorsien om elke aand om ‘n vuurtjie te kan sit, terwyl die kole gereed kom vir die tjoppie wat wag.
Daar word nie linne voorsien nie, elke persoon moet dus sy eie slaap goed voorsien. Dit is raadsaam om ‘n koelboks met ys saam te bring om die koeldranke en drinkgoed koud te hou.